Zandre

Zandre op die pad na sukses…

Dit is met min twyfel dat hierdie talentvolle Kaapse meisie, vinnig op haar pad is as een van Suid- Afrika se veelsydigste en gesogste vroue kunstenaars van ons tyd. Met Zandre se pragtige voorkoms word sy geinspireer deur  kunstenaars  soos  Shania Twain, Faith Hill en  Taylor Swift. Met dit in gedagte is dit dan ook geen geheim dat Zandre baie tyd maak in haar genre vir ‘n moderne  country klank wat goed aangepas en verwerk  is vir die aanvraag van komersiele musiek,hetsy dit nou Afrikaans of Engels is.

Zandre  het al van ‘n jong ouderdom af haar passie vir musiek begin uitleef. Sy het op die ouderdom van  13 reeds in sangkompetisies deelgeneem en by haar plaaslike musiekskool die student van die jaar toekenning  verwerf. Zandre het die voorreg gehad  om twee keer in die Suid-Afrikaanse kampioenskappe vir uitvoerende kunste deel te neem waar sy gekies is as deel van die Suid-Afrikaanse span om haar land te verteenwoordig in die internasionale kampioenskappe vir uitvoerende kunste in Los Angeles, Amerika,waar daar 52 lande deelgeneem het.Haar prestasies het ingesluit, ‘n Goue, silwer en n  ‘’Industry Award’’ vir uitsonderlike verhoog optrede. Nadat Zandre gematrikuleer het het sy haar eerste CD voltooi  en plaaslike radiostasies ontvang dit tans met ope arms.

Met Zandre se natuurlike  skoonheid het sy ook al in verskeie nasionale en internasionale televisie advertensies en katalogusse verskyn, wat haar ewe gemaklik maak op beide verhoog asook die kameras.

Zandre woon tans in Pretoria waar sy fokus op haar musiek en kan gereeld  by bekende feeste gesien word soos onder andere KKNK, INNIBOS,  Oos Kaap \Biltongfees, Innirietfees ,Aardklop asook ander funksies. Haar  styl  kan beskryf word as ligte  Afrikaanse komersieele musiek , wat beslis  beide jonk en oud kan geniet.

Haar energieryke sprankel op die verhoog beloof ‘n vertoning van gehalte en in ‘n  klas van haar eie te wees.  Die huidige CD het 14 snitte  waarvan 10 oorspronklik is.

Suid Afrika se musiek bedryf het lank gewag vir die Sangeres. Dit is ongetwyfeld  dat Zandre hier is om te bly en nog groot opslae gaan maak.

Skakel Dewald Jordaan vir meer Inligting :

Webtuiste:     www.zandre.co.za

E-pos:             dewaldjor@gmail.com pjpromos@gmail.com

Selfoon:          0767255671 / 083 285 8000

Kantoor:         012 8077 021

Faks:               012 8077 033 / 0866 011 241

 
Copyright © www.tacticalcloseprotection.com. all rights reserved.