Arno Jordaan is in Port Elizabeth gebore en het aan die Hoërskool Brandwag as onderhoofseun gematrikuleer. Maar sy belangstelling en talent was nie tot musiek beperk nie, waar hy vir die Oostelike provinsie verskeie kere by die Cravenweek verteenwoordig het. Musiek het egter die oorhand gekry en Arno het sy rugbyskoene in die kas gepak en sy musiekloopbaan volstoom aangepak.
In 2003 het Arno en sy sangmaat, Susan mense laat regop sit met hulle vertoning in die Kyknet Zing- realiteits sangkompetisie. Mense het begin kennis neem van die blondekop hartebreker wat so mooi sing soos wat hy harte steel. Arno en Susan het die land vol getoer en verder mense by Aardklop in 2003 en KKNK in 2004 beïndruk.
Arno het nie op hom laat wag nie en het sy eerste solo-album “Altyd” uitgereik. Die album het soos soetkoek verkoop en Arno het nog nooit terug gekyk nie. Sy persoonlikheid op die verhoog is iets om te ervaar en hy het die verhoog saam talle plaaslike bekendes onder andere Steve Hofmeyer, Kurt Darren, Dozi en Pieter Smith opgetower. Dit was veral vir hom ‘n eer om ‘n verhoog met die internasionale groep, “Smokie” te deel.
Dit is beslis ‘n plesier om vir Arno as ‘n seremoniemeester by enige geleentheid te hê, waar hy die gehoor met sy sprankelende persoonlikheid toor en hulle selfs met ‘n liedjie of twee bederf. Hy het ook al ‘n geleentheid saam met talle bekendes onder ander Lindie van Eeden(Karin van “Egoli”) aangebied.
Sy tweede album “Ek wil jou hê” het meer as 20 000 kopieë verkoop en sy aanhangers groei met elke nuwe album. Hy het selfs ‘n landswye toer saam met die gewilde sanger, Kurt Darren aangepak en het weereens sy merk sterker gemaak. Arno het homself al oor en oor as ernstige en volwaardige kunstenaar bewys, en sy aanhangers kan daarvan getuig.
Sy voorlaaste cd getiteld “wil jy iets se” het Arno eers weg beweeg van die tradisionele pop dans genre. Hierdie cd het vir Arno ‘n nuwe mark geopen en kon hy steeds reg kry om goue status op hierdie cd te bereik.
Arno het in 2007 die eer gehad om deel te wees van die Rugby arena waar hy bykans al die plaaslike toetse die volkslied gesing het en was dit nie vir sy besige optree skedule nie sou SA Rugby hom oorsee ook gebruik het. Hy was ook die uitgesoekte kunstenaar wat die tema lied van die Wereldbeker naamlik “The time is now” gesing het. Hierdie geleentheid het Arno alleen ‘n huishoudelike naam op meer as een gebied gemaak.
Sy vierde album, “Gee my” is nou uitgereik en is sonder twyfel sy beste album nog! Die eerste dag van vrystelling het die cd meer as 20 000 eenhede verkoop en het sederdien die 40 000 eenhede kerf verby gesteek. Arno is baie opgewonde oor die album en as deel van ‘n nuwe platemaatskappy, Ramkat (bestuur deur Jaun van Lingen, wat al 13 jaar se ervaring in die musiekbedryf het) lyk Arno se toekoms as solo-kunstenaar baie belowend en suksesvol en alhoewel daar navrae uit lande soos Engeland, Australie, Dubai en Kanada is vir optredes waar daar baie ex – Suid Afrikaners woon fokus hy op sy besige skedule van 2009 met 2010 se kalender wat reeds besig is om vol te loop.
KONTAK DEWALD VIR ENIGE NAVRAE OF BESPREKINGS
By: 076 72 55 671
E-pos: info@arnojordaan.co.za

